Volgens die nasionale misdaadstatistieke wat onlangs deur die minister van polisie, Bheki Cele, vrygestel is, is daar sedert 2019 ’n afname in veediefstal in elke provinsie in Suid-Afrika. Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum gesels meer hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Koos du Pisanie kuier steeds in die Noord-Kaap, en dié slag praat hy met Johan van der Colff van die Rooivleisprodusente-organisasie oor die bemarking van rooivleis. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Daarna is Joe Scholtz van Agri Noord-Kaap aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet 60 van 2000) en landbouers se betrokkenheid by die reserviste-stelsel. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Hennie Maas is soos oudergewoonte weer op sy pos. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van dié week se veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.