Die vraag na pynappels het die afgelope tyd die hoogte ingeskiet. Casper Badenhorst is ‘n pynappelprodusent van Hluhluwe in KwaZulu-Natal, en ons hoor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou meer oor wat hy hieroor te sê het. Luister nou na die onderhoud.

Die Witzenberg-streek in die Kaapse Wynlande is ‘n belangrike produksie-area en toon tans ‘n sterk toename in Covid-19-gevalle. Die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer, gesels oor sy besoek aan dié streek. Luister nou na die onderhoud.

Dan is Johan van den Berg op sy pos met weersake en Chris Derksen vertel hoe vleispryse daaruit sien. Luister nou na die onderhoude.

Ons sluit die program af met Wilhelm van der Schyff, die President van die Beefmaster Beestelersgenootskap. Hy brei onder andere uit oor dié ras.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.