‘n Groep boere van die Pongola-omgewing in KwaZulu-Natal, staan algemeen bekend as ‘die suikerboere’. In 7 November se RSG Landbou praat Lise Roberts met Kurt Stock oor hulle rugbyprestasies, die landboutoestande in daardie deel van die land, en die groep se onlangse ruim skenking aan die mense van die Noord-Kaap.

Dan gesels Phineas Gumede, vise-president van Agri SA, oor sy rol as ‘n leier in die landbou, nadat hy onlangs ook as president van Kwanalu verkies is.

En Hennie Maas het met die president van die Internasionale Kommissie op Besproeiing en Dreinering, dr Felix Reinders, oor die Kaïro Waterweek gesels.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur MSD Animal Health.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.