Landbou-opleiding is feitlik net so oud soos landbou self. Dis ‘n toegepasde wetenskap en daarom is dit belangrik dat dit toeganklik en verstaanbaar is, sodat boere in Suid-Afrika kompeterend kan boer. Prof Paul Lubout van Noordwes-Universiteit is eerste aan die woord in Woensdagoggend se uitsending van RSG Landbou en hy gesels oor landbou-opleiding en veral die belangrikheid van praktiese kennis. Luister nou na dié onderhoud.

Die derde Charolais-bulveiling vind op 13 Oktober by die Vryburg-skougronde plaas. Evert Niemann gesels hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Voedselvermorsing is ‘n wêreldwye probleem en met voedselsekerheid wat al meer bedreig word, moet groot rolspelers aandag hieraan gee. Stephen Heath van RCL Foods vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die probleem van voedselvermorsing en -verliese. Luister nou na dié onderhoud.

Yolandé Roodt is weer op haar pos met nuus oor die jongste wolveilings. ‘n Totaal van 7 713 bale is aangebied nadat 1 264 bale voor die veiling onttrek is met ‘n algehele verkoopspersentasie van 92%. Luister nou na dié res van die verslag op RSG Landbou

Die Plaas Media SA Stamboek Elite Platinum Bul-toekennings het weer vanjaar blootstelling aan ‘n paar uitstekende bulle gegee. Hierdie toekennings gee erkenning aan bulle met ’n bewese rekord van groeidoeltreffendheid. Een van hierdie bulle behoort aan Kerneels Jansen van Rensburg van Nooitverwag Beefmasters. Hy gesels nou op RSG Landbou oor hierdie prestasie.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring Plaas Media

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.