Die meeste boere se naaste sakevennoot is Moeder Natuur en dit sit landbouversekering in ‘n klas van sy eie. In Maandag se aflewering van RSG Landbou, verduidelik Andries Wiese van Hollard Insure waarom dié tipe versekering so anders is. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het tussen Worcester en Robertson by kruieboer, Lizette Klopper, eienaar van Rooikrans kruie, gaan aanklop. Sy brei uit oor hoe haar boerdery, wat 20 jaar terug met kersietamaties begin het, en die lesse wat sy geleer het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor dié stand sake wat misdaad betref, asook hoe veediefstal tans in Suid-Afrika vertoon. Hy brei ook uit oor die belangrikheid van brandmerke op vee. Luister nou na hierdie onderhoud.

Hennie Maas bring soos oudergewoonte op ‘n Maandag die jongste veilingsnuus. Hy gesels met Hendrik Meyer oor die Rhenostervallei Beefmaster-veiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na hierdie onderhoud.

Rhenostervallei Beefmasters is as 2019 se SA Stamboek Elite vleisbeeskudde-wenner aangewys. Die boerdery word op twee plase bedryf, Rhenostervallei naby Radium en Roodepoort naby Naboomspruit. Die doel is om hoë-gehalte bulle en verse aan die stoet- en kommersiële mark beskikbaar te stel. Hoë standaarde word behaal met behulp van genomiese toetsing, ouerskap, groeitoetse en streng seleksie vir bouvorm, vrugbaarheid en groei.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur AGCO.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.