Die Suid-Afrikaanse veebedryf besef al hoe meer die waarde van naspeurbaarheidstelsels. Dis waaroor Schalk de Villiers van RFID-Experts Africa in Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels. Luister nou na dié onderhoud.

Die landboubedryf se maag trek al op ‘n knop wanneer ons terms soos grondhervorming en die onteieningswetsontwerp gebruik. Maar te midde hierdie chaos, is daar egter heelwat positiewe bewegings ook agter die skerms. Theo Boshoff van Agbiz gesels in RSG Landbou oor die ander kant van die muntstuk. Luister nou na dié onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Dié keer gesels hy oor die beweging van die rand. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.