RSG Landbou

Dr Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat is eerste aan die woord in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Prysvorming in die rooivleiswaardeketting is jare al ‘n punt van bespreking in landboukringe en daar is verskillende menings oor hierdie sensitiewe onderwerp. Hy brei uit oor prysmakers en prysnemers in die rooivleiswaardeketting. Luister nou na hierdié onderhoud.

Volgens data van die Landbounavorsingsraad se nasionale kultivar-evaluasieprogram, was vyf koringkultivars sedert 2011, verantwoordelik vir 97% van die opbrengs wat gelewer is. Willem Kilian van LNR Kleingraan gesels hieroor op RSG Landbou. Luister nou na hierdié onderhoud.

RSG Landbou praat ook met en die 95-jarige Piet Lubbe van die Burgersdorp-omgewing oor sy merinoboerdery. Luister nou na hierdié onderhoud.

Hennie Maas is soos oudergewoonte op sy pos met die weeklikse veilingsnuus. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.