Wêreld Ramp-risikobestuursdag vind op 13 Oktober plaas en die Landbounavorsingsraad se departement grond, klimaat en water, bied ‘n webinaar hieroor aan. Prof Sue Walker verduidelik in Donderdag se aflewering van RSG Landbou wat plaaslike ramp-risikobestuur behels. Daarna gesels een van die webinaarsprekers, prof Andries Jordaan van die Universiteit van die Vrystaat, oor waterbestuur. Luister nou na dié onderhoude.

Donderdae beteken ook weersake en Johan van den Berg bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met mooiweer of onweer. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Chris Derksen sluit die program. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die week se vleispryse. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.