Oumansoutbos (Atriplex nummularia) is ‘n bekende gesig in Suid-Afrika en die geharde plant wat saliniteitstoestande sowel as droogtetoestande goed verdra, is veral opmerklik in dele waar daar ‘n laer reënvalsyfer is en ekstensief met kleinvee geboer word. Word oumansoutbos gesien as ‘n indringer of het dit nut vir die veeboer? In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou, beantwoord dr Aart-Jan Verschoor, senior bestuurder, Strategiese Inligtingsbestuur van die Landbounavorsingsraad hierdie vraag.

Wessel Lemmer, wat op 1 Julie as hoofbestuurder by Agbiz Grain begin het, kuier ook by RSG Landbou vandag. Hy gesels onder andere oor hoe die banksektor en die graanhantering- en opbergingsektor ooreenstem, asook die rol wat Agbiz Grain in die landboubedryf speel. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is adv Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie aan die woord. Hy verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars wat die begrip, korttyd, behels. Hy brei ook uit oor wat die regte van die werkgewer en werknemer in hierdie opsig behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Hennie Maas en Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmaras gesels oor die AG Bonsmara-veiling wat 17 September op die Plaas Arcadia, in Vrede gaan plaasvind. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur AGCO.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.