Niels Harmuth van AGT Foods is eerste aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die ware definisie van gesonde grond. Luister nou na die onderhoud.

RSG Landbou het op Vrydag 3 September die amptelike opening van die splinternuwe Hoëveld Veilingsentrum net buite Standerton bygewoon. Daar is met verskeie van die rolspelers gesels. Luister nou na hierdie lekker onderhoude in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Verder hoor ons wat dr Thomas Funke van die Suikerkwekersvereniging te sê het oor ‘n versoek dat die belasting op suiker verdubbel word. Luister nou na die onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.