Een van die gesprekspunte in Maandag se aflewering van RSG Landbou, is die plaaslike varkbedryf. Johann Kotze, hoof uitvoerende beampte van SAVPO, oftewel die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, praat oor die lesse wat hulle die afgelope jaar geleer het en wat tot voordeel van die bedryf gebruik word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna bring Bonné de Bod luisteraars op hoogte van die oorlewing van ons renosterspesies en hoe die huidige stand van sake tans staan. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die program sluit af met ‘n fasiliteerder by Agriskills Transfer, Duif Joubert. Hy brei onder andere meer uit oor die landbou-opleiding wat hulle bied en waarom praktiese landbou-opleiding so belangrik is. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.