Isak Staats van BKB gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor die waarde van ramveilings vir die wolbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Omvattende planne word beraam om die postiewe beeld van die wildbedryf en wildboerdery te verstewig. Dit behels stelsels om die wildboer se taak te vergemaklik, die pilare waarop die bedryf rus, te verstewig, noodhulp in ramptye, ‘n plan om selfregulering van die bedryf te bevorder en om transformasie sinvol te bewerkstellig. Richard York is in Oktober verlede jaar as hoof uitvoerende beampte van Wildbedryf Suid-Afrika aangestel en hy kuier op RSG Landbou om oor die nuwe planne te gesels. Luister nou na dié onderhoud.

Jakkals le Roux van Vrystaat Landbou vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die rol wat georganiseerde landbou in die beveiliging van landelike gebiede vervul. Luister nou na dié onderhoud.

Die wolmark het hierdie week effens laer gesluit en 4,2% gedaal om teen R162,54/kg te sluit. Die aanbod het uit 12 816 bale met ’n algehele verkoopspersentasie van 95,5% bestaan. Die aanbod het hoofsaaklik 20 mikron en fyner wol met ’n kombinasie van medium- en langwol bevat. Wol wat volhoubaar geproduseer is, het 23% van die Merino-wolaanbod uitgemaak. Luister nou verder na Heinrich Victor van die OVK-groep met meer nuus oor dié wolveiling.

Melville Price van Nutri Feeds gesels op RSG Landbou oor die beginsels van fase-voeding by voerkrale. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus saam met Zippo Lambrecht van Bloodline Borane. Hy gesels op RSG Landbou oor die opkomende tweede produksieveiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou deur BKB gebring.

#Landbou #Radio

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.