Kuier gerus Donderdag weer saam met die RSG Landbou-span.

Die minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr Ivan Meyer, praat oor landelike veiligheid, iets waaroor die meeste Suid-Afrikaners baie bekommerd is. Hy gee ook terugvoer oor sy onlangse ontmoeting met die Sitrusraad. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Jan du Preez gesels verder oor soönoses en dié slag fokus hy op hondsdolheid. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen is op sy pos met vleispryse en Johan van den Berg is terug met nuus oor die weer. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas sluit die program af met ‘n opwindende veiling. Don Mchardy brei uit oor hulle Reeba Brahman-veiling. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou is die week aan jou gebring deur: Standard Bank

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.