Landbougesprekvoering, hetsy in die media of tydens konferensies, fokus meestal op dieselfde temas. Dit beïnvloed dikwels landboustrategieë en beleidmaking. Nico Groenewald van Standard Bank gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou oor hoe dit die Suid-Afrikaanse produsent beïnvloed. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad aan die woord. Hy vertel onder andere vir luisteraars oor vanjaar se LNR Nasionale Vleisbeestoekennings. Luister nou na dié onderhoud.

Dan vertel Joan Isham van die Wêreld Natuurlewefonds, van ‘n projek waarin wynplase met die natuur saamwerk om bewaring te verseker. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Hennie Maas sluit soos oudergewoonte die program af. Hy hou RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.