Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is omvattend en ononderhandelbaar. Baie werkgewers glo dat hulle aan arbeidswetgewing voldoen, terwyl dit in werklikheid nie noodwendig die geval is nie. Nie-nakoming kan ernstige finansiële gevolge hê en jou boerdery-onderneming onnodig in gevaar stel. Dan moet werkgewers kennis neem van die verskillende tipes arbeidsinspeksies wat deur die Departement van Indiensneming en Arbeid op plase gedoen word. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie brei hieroor uit in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

‘n Wit versnitwyn is vir die eerste keer in die geskiedenis as die SA Kampioen Jongwyn aangewys. Bennie Howard van die SA Nasionale Wynskouvereniging vertel vir RSG Landbou-luisteraars waarom dié wyn so spesiaal is. Luister nou na die onderhoud.

Hannes Swanepoel vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die Simmchris bul en -versveiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na die onderhoud.

Dis Donderdag en soos gewoonlik is Johan van den Berg op sy pos met nuus oor die weer. Chris Derksen vertel daarna wat hierdie week met vleispryse gebeur het. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.