Volgens Tiaan Koen van VDT Prokureurs, ontvang hulle heelwat navrae oor vruggebruik wat deel vorm van ‘n persoonlike serwituut. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou word serwitute in die algemeen bespreek. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna vertel Ian Fourie, ‘n skeerdiensbeampte van BKB, van sy werk tydens die onlangse Agri-Expo Livestock-geleentheid en ‘n skaapskeerder van Lesotho gesels oor sy werk sedert 1973. Luister nou na dié onderhoude.

Voedingsbehoeftes by boerbokke is ook een van die onderwerpe onder bespreking in vandag se program. Hennie Maas gesels met Hennie le Roux, voorsitter van die Noord-Kaap boerbokklub, hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Yolandé Roodt sluit die week se program af met die nuutste wolmarkverslag. Luister gerus hierna.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Pioneer.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.