RSG Landbou word elke oggend van Maandag tot Donderdag om half vyf op RSG uitgesaai. Lise Roberts gesels met ‘n wye reeks rolspelers in die bedryf. In Dinsdag se aflewering van die program praat sy met Doug Stern van Agri Oos-Kaap oor die organisasie se pas-afgelope kongres. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan volg daar ook ‘n gesprek met Isak Staats, die hoofbestuurder van wol en bokhaar by BKB, en hy brei uit oor die jongste stand van sake in die natuurlike veselbedryf. Luister nou na hierdie onderhoud.

Frans Stapelberg gesels oor ’n besonderse Wagyu-veiling. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg van Santam Landbou is weer aan die woord oor weersake. Hy brei uit oor weertendense en hoe die weervooruitsigte vir die res van die seisoen gaan lyk. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.