Het u al gehoor van sogenaamde natkarkassindroom by skape? Dit is die vraag waarmee ons Woensdag se aflewering van RSG Landbou afskop. Prof Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad gesels oor hierdie verskynsel en die navorsing wat tot dusver hieroor gedoen is. Corné Louw van Graan SA gesels oor die monitering van saadpryse wat deur dié organisasie onderneem word en Louis de Jager deel weidingswenke vir veral opkomende boere. Daar is ook ‘n gesprek met Henri Swiegers van die wynplaas, Badsberg, wie se 2017 Rooi Muskadel met die louere weggestap het tydens die 17de Muskadel SA-toekenningsgeleentheid. Luister nou dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.