Die gewilde jaarlikse Merino Classic, waar produsente hul stoet en kuddediere teen mekaar meet, het op 14 en 15 Februarie op Richmond in die Karoo plaasgevind. Plaas Media was een van die borge. Carin Venter, ons verslaggewer in die Oos-Kaap, het by die Merino Classic op Richmond gaan kuier en met ‘n paar kenners en boere gesels. Een van hulle is Garth Cloete wat vertel waarom hy so lief is vir die Merino-ras. Daarna is Tink Strydom en Jannie Rossouw van OVK aan die woord. Pierre Vlok praat meer oor die verloop van die jaar se Merino Classic. Van Zyl Naudé Senior en Van Zyl Naude Junior gesels oor hulle deelname aan die skou en hulle boerdery-bedrywighede. Luister nou na al dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA.

 Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.