Die sesde Agri-Expo Livestock, het vanjaar van 10 tot 12 Oktober 2019 op Sandringham in die Wes-Kaap buite Stellenbosch plaasgevind.

Lise Roberts van RSG Landbou het die geleentheid bygewoon en in die volgende paar RSG Landbou-programme, kan u uitsien na verskeie landboustories wat sy daar opgeneem het.

In Donderdag se program praat sy met Breyton Milford, operasionele bestuur by Agri-Expo, oor die opleidingsessies vir klein en kommersiële kleinvee en vleisbeesboere wat daar aangebied is. Een van die sprekers was die voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in die Wes-Kaap, Louis Wessels. Hy praat oor die stand van die rooivleisbedryf in die provinsie. Kleinboere, Katie en Elize, vertel wat die opleidingsessie vir hulle beteken het. Luister nou na dié lekker onderhoude.

Lise Roberts het ook met verskeie leerlinge van Fisantekraal en Hugenote gepraat. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou se medewerker in KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat, Izak Hofmeyr, het met dr John Purchase, hoof uitvoerende beampte van Agbiz, oor die toekoms van landbou gesels. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Jacques Agenbag, formulasiebestuurder by Nutri Feeds, aan die woord. Hy verduidelik hoe tegnologie, grondstowwe en selfs die wisselkoers, ‘n impak op die veebedryf het. Luister nou na dié onderhoud.

Die program sluit af met die week se vleispryse. Chris Derksen is soos altyd aan die woord met die week se jongste vleispryse. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Nutri Feeds

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.