Die jaarlikse Royal-skou het onlangs in Pietermaritzburg plaasgevind.  In RSG Landbou van Maandag gesels ons verteenwoordiger in KwaZulu-Natal, Izak Hofmeyr, met twee mense wat by die skou betrokke was, Mike Moncur en Angus Williamson. Daar is ook ‘n gesprek met Mario van den Heever oor versekering en meer spesifiek veeversekering, waarna Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie gesels oor alkoholgebruik in die werksplek. Lise Roberts praat ook met Francois Hattingh oor die Unicom Landbouskool se Braunvieh-kudde. Daarna is Hennie Maas aan die woord met jongste veilingsnuus. Luister nou na dié lekker onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.