RSG Landbou praat melk-, arbeids-en toerustingsake

537

In Woensdag se aflewering van RSG Landbou kuier en gesels ‘n verskeidenheid gaste saam ons. Die Melkprodusente-organisasie (MPO), het ‘n nuwe ekonoom aangestel.  Bertus van Heerden praat met Hennie Maas oor hoe die ekonomiese afdeling van die MPO funksioneer en hoe belangrik die beskikbaarheid van markinligting is.  Hy gesels ook oor melkprystendense – veral in die lig van die feit dat die melkprys in Maart effe kop opgetel het. 

Dissiplinêre verhore is ‘n belangrike aspek van die verhouding tussen werkgewer en werknemer.  Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik aan Lise Roberts wat presies so ‘n verhoor behels. 

Daarna is Ben Churr van Goscor aan die woord en hy brei uit oor hanteringstoerusting en hoe dit in die landbou aangewend kan word. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Goscor.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.