Die gewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees vier in 2019 ’n groot mylpaal – sy 18de bestaansjaar. Feesgangers kan uitsien na ’n unieke ervaring van kaas en méér tydens die SA Kaasfees, wat van Vrydag 26 April tot Sondag 28 April 2019 op Sandringham buite Stellenbosch gehou word.

Read it in English. 

Kom ervaar hoekom dié bekroonde fees onlangs as die Kaapse Wynland se fees van die jaar bekroon is. Ontdek die groot verskeidenheid plaaslike en internasionale kase, geniet opwindende proekombinasies, leer ken die mense en stories agter nisprodukte, en kuier saam met familie en vriende.

Die feesprogram sluit kosteaters met pas- en proesessies in, asook musiekoptredes en prettige aktiwiteite soos die daaglikse Ladismith Kaaskerfkompetisie. Die feestye is van 10:00 tot 18:00 daagliks. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, by die Stellenbosch-afdraai (uitgang 39) tussen Kaapstad en die Paarl. Kaartjies kos R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders tussen 2 en 13 jaar R20. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Kaasliefhebbers wat ’n meer eksklusiewe belewenis verkies, kan vir die Fynproewerservaring bespreek, waarvoor slegs ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar is. Die Fynproewerspakket kos R950 per persoon (slegs persone bo 18 jaar) en is beskikbaar by Claudine Wagner by claudine@agriexpo.co.za.

Ontdek meer oor die SA Kaasfees se groot 18-jarige viering by www.cheesefestival.co.za, Twitter @SACheeseFest, Facebook @SACheeseFestival of Instagram @sacheesefest, of kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za. – Persverklaring