Die besproeiingsbedryf in Suid-Afrika word nie deur wette gereguleer nie, en geen spesifieke kwalifikasie word benodig om dié bedryf te dien nie. Volgens Isobel van der Stoep van Cherry Irrigation, is die gevolg hiervan dat mense die bedryf sonder enige formele agtergrond betree. “Besproeiingsontwerp, as sulks, is eintlik ‘n onderafdeling van landbou-ingenieurswese, wat ‘n baie skaars vorm van ingenieurswese is,” meen sy.

Opleidingsinisiatiewe word egter deur die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI) gedryf. Hierdie organisasie sien om na die opstel en opdatering van Suid-Afrika se ontwerpsnorme. Isobel gesels in die onderstaande podsending hieroor. Sy gee ook konteks oor die rolspelers wat die besproeiingsbedryf in Suid-Afrika dien.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.