Voor van links is SA Stamboek se dagbestuur, Michiel Burger (tesourier), Freddie Wasserfall (president) en Russel Clark (vise-president). Agter van links is Christopher Melamu en Carel Nel, dr Japie van der Westhuizen (hoofbestuurder) en Koos Vosloo, Peter Durham en Duncan Serapelwane. (Foto: Johan Norval)

Twee nuwe lede is tydens die SA Stamboek se algemene jaarvergadering wat op 1 November 2018 in Bloemfontein plaasgevind het, tot die uitvoerende komitee verkies.

Read it in English. 

Die vakatures het ontstaan as gevolg van die uittrede van dr Johan Jooste en PW van Heerden. Hulle plekke word nou ingeneem deur Pete Durham en Koos Vosloo. Pete Durham is ’n Jersey-teler van KwaZulu-Natal en ‘n voormalige president van Jersey SA. Koos Vosloo is die president van die Dohne Merino Skaaptelersgenootskap en ‘n boer van die Vrystaat.

Christopher Melamu, ‘n Bonsmara-teler van die Noord-Kaap, is vir nog ‘n twee-jaar termyn tot die komitee verkies. – Persverklaring