Agri-Expo het alle produsente van suiwelprodukte uitgenooi om in te skryf vir die 2019 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap. Dit is die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land. Die kampioenskap word sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. Die Qualité-merk word as die enigste amptelike gehaltemerk vir suiwelprodukte in Suid-Afrika herken. Enige produsent met produkte in publieke handel kan inskryf.

Read it in English. 

Die doel van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap is om erkenning te gee aan die gehalte van suiwelprodukte en om dié produkte in bemarkingsveldtogte te bevorder. Die aksies dra grotendeels by tot die bevordering van uitnemendheid in die bedryf en verhef die aansien van die bedryf by verbruikers.

’n Rekordgetal van 945 produkte is in 2018 ingeskryf in tien kategorieë en meer as 100 klasse. Wenners in die onderskeie kategorieë word as Suid-Afrikaanse suiwelkampioene gekroon, terwyl net produkte van die hoogste gehalte die Qualité-merk ontvang. ’n Paneel kundiges wys ook die produk van die jaar aan. Die kategorieë is vir kaas, botter, jogurt, maaskaas, roomys, gefermenteerde en gegeurde melk, suiwelnageregte, suiweldoopsouse, vars melk en UHT-melk, en room.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Februarie 2019. Besoek www.cheesesa.co.za om aanlyn in te skryf asook vir meer inligting oor die kampioenskap. Beoordeling sal op 28 Februarie 2019 plaasvind en die Qualité toekenningsdinee sal op 29 Maart 2019 by GrandWest Casino and Entertainment World in Kaapstad gehou word. – Persverklaring

Klik hier om die 2018-wenners te sien.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here