CMW, OVK se veselafdeling, is tans die grootste bokhaarmakelaar in die wêreld en die tweede grootste wolmakelaar in Suid-Afrika. Met kundigheid en ondervinding in die bedryf, kan CMW in elke wolprodusent se behoeftes voorsien. 

 

 

 

 

 

BPG Langfontein-boerdery by Wakkerstroom, Mpumalanga, geniet as ’n gewaardeerde kliënt al vir baie jare ’n goeie verhouding met CMW/OVK. Dit is waar BP Greyling en sy seun, Ghini, ’n wetenskaplike benadering tot alle fasette van hul boerdery volg.

Nie net geniet hulle as werkverskaffer ’n goeie verhouding met hul werknemers nie, maar die boerdery het ook al bekendheid as entrepreneur en megaboerdery verwerf.

Toer na Port Elizabeth

BP en Ghini het onlangs saam met drie van hul bestuurslede by CMW, OVK se veselafdeling in Port Elizabeth, gekuier. Heinrich Victor, operasionele bestuurder vesel en skeerdienste by CMW/OVK, Wallie Weeks, hoofbestuurder vesel en lewendehawe, en Nick van Niekerk, werksvloei- en produksiebestuurder, het die manne op ’n toer deur die wolfabriek geneem.

Van links is Wallie Weeks, hoofbestuurder vesel en lewendehawe, Phakamani Ngwenya, ’n bestuurslid van BPG Langfontein-boerdery, Ghini en BP Greyling (pa en seun), Mabheka Ngwenya, ’n bestuurslid by BPG Langfontein-boerdery, Sfiso Ngwenya, ’n bestuurslid by BPG Langfontein-boerdery, en Heinrich Victor, operasionele bestuurder vesel en skeerdienste by CMW/OVK.

BP vertel: “Ons het Port Elizabeth besoek om die wolveiling, waar ’n gedeelte van ons fynwol verkoop word, by te woon. Ons is op ’n toer deur die wolfabriek geneem, waar ons gesien het hoe die wolbale afgelaai, ingeweeg en getipeer word. Ons het ook gesien hoe die wolmonsters uit die sakke gehaal en vir meting geneem word, hoe die verpakkingsproses werk en waar die wolpakhuis is waarvandaan die bale na lande soos China verskeep word.”

‘n Lang en kosbare verhouding

Volgens BP maak BPG Langfontein-boerdery al baie lank van CMW as makelaars gebruik om hul wol te verkoop. “Ons kon die personeellede, wat al vir jare met ons produsentenommers en die name van BPG Langfontein-boerdery bekend is, nou vir die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet. Dit was regtig heerlik en ons is baie beïndruk met die span van CMW/OVK.”

CMW/OVK se wolfabriek in Port Elizabeth.

Vir meer inligting, skakel CMW se hoofkantoor by 041 406 7500, stuur ’n epos aan info@cmw.co.za of besoek CMW se webtuiste by www.cmw.co.za.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here