Suid-Afrika se sagtesitrus-produsente voer ongeveer 70% van hul sitrus na internasionale markte toe uit. Daarom is hierdie boere onderhewig aan heelwat gehaltevereistes om seker te maak dat die vrugte wat na hierdie markte uitgevoer word, op standaard en volgens die betrokke markte se vraag is. Johan de Vries van Agri Technovation gesels in 14 Augustus 2019 se aflewering van Grootplaas met ons oor die uitdagings waarmee Suid-Afrikaanse sitrusprodusente te kampe het.

Daarna kuier Hein Rehr van die Graanhanteringsorganisasie van Suid-Afrika in die ateljee, om ‘n bietjie oor dié bedryf te gesels. 

Inhoudsborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas