Schyff Beefmaster en Voerkraal het onlangs hul vyfde produksieveiling gehou. Topgehalte diere was beskikbaar by dié produksieveiling.

Duurste bul en ander uitslae

Die duurste bul (SCH160216) is teen R180 000 gesamentlik aan Johan Pretorius van Milestone Beefmasters, Morgenzon en M. Magmar Beefmasters van Swartberg verkoop.

Die bulle het ‘n uitstekende gemiddelde prys van R46 490 behaal, terwyl stoetkoeie met kalwers teen gemiddeld R20 000 verkoop is, dragtige stoetkoeie teen R16 860 en dragtige stoetverse teen gemiddeld R18 930. Kommersiële koeie met kalwers het ‘n gemiddeld van R20 770 behaal en dragtige koeie gemiddeld R15 890. – Persverklaring, GWK Stoetvee & Veilings