Simparica laat parasiete les opsê

1241

Voorsorg is beter as nasorg – dit is veral van toepassing op ons troeteldiere waar parasiete dikwels siektes oordra en jou uiteindelik ‘n duur en onnodige uitstappie na die veearts kan kos. Met voorsorg ingedagte, het Zoetis onlangs ‘n opwindende, koste-effektiewe parasietbeheermiddel, Simparica, aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel.

Simparica (sarolaner) is ‘n smaaklike, maandelikse, breë-spektrum, isoksazolien ektoparasitiese middel vir honde. Simparica spring dadelik aan die werk en kan vlooie binne drie ure van toediening dood, selfs voor hulle nog kans kry om eiers te lê. Hierna is die sarolaner-soldate vir ‘n volle 35 dae op hulle pos en laat bosluise, vlooie en myte sommer voor die hek al in hulle spore omdraai.

Simparica is splinternuut op die mark, maar geskoei op jare se intensiewe navorsing en toetse om die effektiwiteit en veiligheid van die produk te kan verseker. Hierdie veiligheidstudies het getoon dat sarolaner heeltemal veilig is vir honde van agt weke en ouer. Sarolaner se kragtige werking is te danke aan sy unieke en suiwer molekulêre struktuur wat uiters selektief bind aan GABA-reseptore in parasiete en daarom teen ‘n tiende van die konsentrasie werk teen vlooie en ‘n derde van die konsentrasie dieselfde effektiwiteit teen bosluise bewys in vergelykende studies met soortgelyke produkte in dieselfde klas1.

Zoetis weet parasiete bly maar vir almal wat diere het, ‘n probleem en bosluise is sommer voor in die koor wat die oordrag van siektes betref. Studies het bewys dat ‘n enkele dosis Simparica, honde van ‘n 100% effektiwiteit teen bestaande H.elliptica-besmettings voorsien, asook ‘n 100% vermindering in bosluise vir 35 dae.2

Verwysings:

  1. McTier TL1, Chubb N2, Curtis MP2, Hedges L2, Inskeep GA2, Knauer CS2, Menon S2, Mills B2, Pullins A2, Zinser E2, Woods DJ2, Meeus P2. Discovery of sarolaner: A novel, orally administered, broad-spectrum, isoxazoline ectoparasiticide for dogs. Vet Parasitol. 2016 May 30;222:3-11. doi: 10.1016/j.vetpar.2016.02.019. Epub 2016 Feb 23.
  2. Josephus J. Fourie1* , Julian E. Liebenberg1, Dionne Crafford1,2 and Robert Six3. Immediate and persistent efficacy of sarolaner (Simparica™) against Haemaphysalis elliptica on dogs.  Parasitesandvectors.biomedcentral.com/articles

SIMPARICA 5 mg (chewable tablets for dogs). Reg. No.: G4317 (Act 36/1947). Each chewable tablet contains 5 mg sarolaner. SIMPARICA 10 mg (chewable tablets for dogs). Reg. No.: G4322 (Act 36/1947). Each chewable tablet contains 10 mg sarolaner. SIMPARICA 20 mg (chewable tablets for dogs). Reg. No.: G4318 (Act 36/1947). Each chewable tablet contains 20 mg sarolaner. SIMPARICA 40 mg (chewable tablets for dogs). Reg. No.: G4319 (Act 36/1947). Each chewable tablet contains 40 mg sarolaner. SIMPARICA 80 mg (chewable tablets for dogs). Reg. No.: G4320 (Act 36/1947). Each chewable tablet contains 80 mg sarolaner. SIMPARICA 120 mg (chewable tablets for dogs). Reg. No.: G4321 (Act 36/1947). Each chewable tablet contains 120 mg sarolaner.

For “WARNINGS” refer to the approved package insert.  For full prescribing information refer to the package insert approved by the medicines regulatory authority. Full product information available from Zoetis South Africa (Pty) Ltd., Co. Reg. No.: 2012/001825/07. 6th Floor, North Wing, 90 Rivonia Road, Sandton, 2196. PostNet Suite 53, Private Bag 9976, Sandton, 2146, South Africa. Tel.: +27 11 245 3300 or 0860 ZOETIS (0860 963847). www.zoetis.co.za CA/LlR/05/19/04