Graanboere word dikwels gekonfronteer met die vraag of hulle nie hul eie voerkraal op die plaas tot stand moet bring nie. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels dr WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat oor die opsies wat beskikbaar is vir die benutting van graan as veevoer. Luister nou na hierdie onderhoud.

Afrika se aasvoëlgetalle het in die laaste dekades geweldig afgeneem. So byvoorbeeld het die witrugaasvoël, wat in die verlede so algemeen was, se getalle tot só ‘n mate afgeneem, dat hulle nou as kritiek-bedreig beskou word. Linda van den Heever van BirdLife SA gesels nou meer hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johann Kotzé van die Varkprodusente-organisasie, SAVPO, verduidelik wat die stand van Afrika-varkpes in die land is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Hennie Maas sluit soos oudergewoonte die program af met die jongste veilingsnuus. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.