Die organiseerders, sprekers en borge van die Bredasdorp-skaapskool. Agter van links is dr Piet Swiegers, herkouerspesialis en operasionele bestuurder van voerkrale by die Sernick Groep, dr D’Wall Hauptfleisch, ’n privaat veearts, en David Human, bemarkingsbestuurder by Zoetis. In die middel is Hugo Lochner en Carin Venter van Plaas Media, Manie Wessels van Mamre, Izak Hofmeyr van Plaas Media, Ansie du Buisson van Ramsem se semenkolleksiesentrum en Michelle Verster, Plaas Media se bemarkingsassistent. Voor is Theresa Lubbinge, produkbestuurder by Bayer Dieregesondheid, dr Karin Wessels van Mamre, Lynette Louw, uitvoerende hoof van Plaas Media, en Charné Josling, ’n dosent in veevoeding by die Universiteit van die Vrystaat.

Die Veeplaas Intensiewe Skaapproduksieskool is op 10 en 11 September op Bredasdorp in die Wes-Kaap aangebied. Dit is die eerste keer dat dié gewilde skool in die Kaap aangebied is en altesaam 65 kursusgangers het Overberg Agri se opleidingslokaal volgemaak. Onderwerpe soos bestuur, voeding, dieregesondheid en finansies is bespreek. Mense het van so ver as die Noord-Kaap, Gauteng en Namibië gereis om die twee dae lange kursus by te woon. –Carin Venter, Veeplaas