Kyk weer na 26 Julie 2018 se aflewering van Grootplaas met Marina Bester en Sytze Smit.

Skaapvleis is ‘n gunsteling onder Suid-Afrikaanse verbruikers. Tog kan die bedryf nie op sy louere rus wat die bemarking van hierdie produk betref nie. Ons kyk onder andere na ‘n insetsel hieroor waarna Marina Bester van Skaapvleis Suid-Afrika ons op hoogte bring van dié organisasie se verbruikersopvoedings-aktiwiteite.

Daarna kuier Sytze Smit van die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika by ons, om oor ‘n geleentheid te gesels wat binnekort in Parys gaan plaasvind.

Nuusborg: Nutri Feeds

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Standard Bank

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas