Dr Jasper Coetzee was gedurende sy suksesvolle loopbaan bekend vir sy navorsing en skryfwerk. Hy het jare vir Veeplaas en verskeie ander landboutitels geskryf. Sy kennis van presisievoeding en presisieboerdery, veral in kleinveeproduksiestelsels, het van sy artikels en artikelreekse versamelstukke gemaak. Hy was ‘n spesialis op sy gebied en het ook ‘n passie gehad om sy kennis te deel.

Dr Jasper Coetzee is ook bekend vir sy Handleiding vir winsgewende skaapboerdery, ‘n versameling navorsingsartikels wat hy plaaslik en in Australië geskryf het. Die gids is onlangs deur Plaas Media hersien en in boekvorm gepubliseer.

Koop die hardekopie

Die hardekopie is nou beskikbaar teen slegs R599 (posgeld uitgesluit). Bestel jou weergawe by Nols Hanekom by 072 413 7841 of epos nols.hanekom@meadowcape.co.za.

Koop die digitale weergawe

‘n Digitale weergawe in blaaiboekformaat is ook aanlyn beskikbaar by digimags.agriorbit.com.

An English version of this book will be available in October 2020. – Ursula Human, AgriOrbit