Skildery oorhandig aan 2019-wenner van Elite-bulgroeitoetsklas

23
Elite
Van links is Elmarie Prinsloo, HUB, Bloemskou; Anton Vos, besturende direkteur van Vleissentraal; dr Enslin Coetzee, eienaar van 2019 se wenbul; en dr Japie van der Westhuizen, SA Stamboek-bestuurder.

Estimated reading time: 1 minute

Die Vleissentraal-SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas het een van die mees gesogte geleenthede op die jaarlikse kalender in die veebedryf geword. As gevolg van Covid-19-inperkings en skoue wat gekanselleer moes word, kon die tradisionele in-persoon beoordeling van die bulle nie plaasvind nie.

Alternatiewelik het SA Stamboek ʼn virtuele funksie aangebied, waar Vleissentraal deur middel van ’n geraamde sertifikaat, erkenning aan elke bul wat as verteenwoordiger van sy ras vir deelname gekwalifiseer het, gegee het.

Die skildery van die wenbul deur David Johnson, wat elke jaar deur Vleissentraal aan die vorige jaar se wenner oorhanding word, kon dus ook nie in die ring by Bloemskou plaasvind nie.

Daar is toe besluit om die eienaar van die wenbul vir 2019, dr Enslin Coetzee en sy gade, Belinda, met ʼn heerlike ete in Parys te bederf, waar die skildery deur Anton Vos, besturende direkteur van Vleissentraal, oorhandig is. – Persverklaring, Vleissentraal