Op Donderdag 22 Maart en Vrydag 23 Maart het verteenwoordigers van Overberg Agri en BKB saam met die plaaslike streekverteenwoordiger van Voermol, Ferdi Naude, tjeks aan drie Overbergse laerskole oorhandig. Die Overberg is tradisioneel ’n landboudistrik en al drie rolspelers lewer diens aan die plaaslike landbougemeenskap.

Die skole wat by Voermol se plaaslike terugploeg-inisiatief gebaat het, is Laerskool Bredasdorp, Rûens Kollege en Laerskool Overberg in Caledon. ’n Gedeelte van die opbrengs van die Voermol Molasses Meal-verkope tussen Junie en November 2017 is in gelyke dele aan elk van die drie skole geskenk. – Persverklaring