Die 2019 Bloemskou is om die draai en vind vanjaar vanaf 26 April tot 4 Mei plaas. ’n Kompetisie vir suiwelprodukte is een van die vele hoogtepunte van dié jaarlikse skou.

Vervaardig jou instansie of jyself enige suiwelprodukte? Moet dan nie hierdie geleentheid misloop nie. Skryf die suiwelprodukte in vir die Bloemskou suiwelproduk-kompetisie en meet dit teen die res van die mark. Enige persoon of instansie wat suiwelprodukte vervaardig, kan vir die kompetisie inskryf.

Groot getalle inskrywings word van sowat twaalf fabrieke van oor die land verwag. Suiwelmaatskappye kan in 15 klasse inskryf wat onder andere die volgende insluit: botter, Goudakaas, Cheddarkaas, spesiale en eksotiese kase, ’n groot verskeidenheid melkprodukte, asook bok- en skaapmelkprodukte. Tydens die 2018 Bloemskou is 208 inskrywings ontvang in hierdie afdeling.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 22 Februarie 2019 en die finale beoordeling sal op 6 Maart 2019 plaasvind.

Vir meer inligting oor Bloemskou 2019 asook inskrywingsvorms en reëls vir deelname aan die suiwelkompetisie, besoek www.bloemskou.co.za of skakel ons kantoor in kantoor-ure by 051 448 9894. – Persverklaring