Agris Got Talent (AGT) hou daarvan om die grense te verskuif. Hierdie jaar gaan appels en lemoene met mekaar vergelyk word – of eerder landbouers in die kern- en sitrusbedrywe 

Met inskrywings wat reeds vir AGT 2019 inrol, is die organiseerders nuuskierig om te sien of landbouwerkers uit die sitrus-, sagtevrugte- of wynbedrywe die beste presteer. Inskrywings is nog vir ses weke oop en landbouwerkers op plase, by pakhuise en in kelders word aangemoedig om n kans te vat en in te skryf. Stuur klanksnit aan die beoordelaars en wie weet, jy kan jouself dalk in die top tien bevind.  

Die Sitrusprodusentevereniging (SPVhet vanjaar as borg by die kompetisie aangesluit, wat dit groter en beter maak. Justin Chadwick, hoof uitvoerende beampte van die SPV, sê: Ons het vir baie jare die groei van Agris Got Talent dopgehou en die ooglopende vreugde en inklusiwiteit wat die kompetisie meebring, gesien. 

Plaaswerkers is n gekoesterde deel van ons landboufamilie. Derhalwe skep Agri’s Got Talent die ruimte om hul talent op n toepaslike wyse te ontwikkel. Toe die SPV genader is om betrokke te raak, het ons die geleentheid aangegryp om by n professionele inisiatief soos Agris Got Talent aan te sluit. Dit is n kans in n leeftyd om die talent in die sitrusbedryf na vore te laat kom. 

Daar is tans 120 000 seisoenale en permanente landbouwerkers op sitrusplase en 20 000 in pakhuise. Suid-Afrika het 84 000ha onder sitrusboorde.  

Dit is vanjaar die sesde keer dat hierdie gewilde sangkompetisie die plaaswerf laat dreun. Sangitems kan in enige genre gelewer word – of jy nou hou van pop, country, rock of klassieke musiek, Agri’s Got Talent wil van jou hoor.  

Hierdie is n fantastiese geleentheid om jou talent ten toon te stel, groot pryse te wen en jou merk te maak. Die finaliste ontvang n week van intensiewe sang-en verhoogopleiding, asook lewensvaardigheidsontwikkeling 

Die gala-aand word op 2 Augustus by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes gehou 

Skryf so in 

Stuur ’n klankgreep van sowat drie minute per WhatsApp na 082 372 1557 of per epos na agrisgottalent@gmail.com. 

Voeg by: 

  • Naam en van.  
  • Geboortedatum.  
  • Selfoonnommer.  
  • Naam van plaas/pakhuis/kelder. 
  • Posbeskrywing.
  • Hoe lank jy al op die plaas, in die pakhuis of kelder werk. 
  • Naaste dorp. 

Sluit aan by die AGT-gemeenskap en kry meer inligting op die Facebookbladof besoek die webtuiste www.agrisgottalent.com. 

Agri’s Got Talent is n sosiale opheffingsprojek vir landbouwerkers en word geborg deur Hortgro, die Sitrusprodusenteverenging, die VinPro Stigting, die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf en die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Vir meer inligting, kontak Carme Naudé by carme@hortgro.co.za of 021 870 2900.  Persverklaring