Met insetkoste wat by die dag styg, word die druk op Suid-Afrikaanse boere om meer doeltreffend te werk, sonder twyfel al hoe groter. Saad en kunsmis maak ongeveer 35% van graanboere se insetkoste op en die slim bestuur daarvan maak dus 100% sin! Willem Eigenhuis van Agri Technovation gesels in 12 Junie 2019 se aflewering van Grootplaas meer hieroor.

Daarna kuier dr Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie in die ateljee en hy vertel wat die jongste stand van sake op die suiwelfront is.

Inhoudsborg: Laeveld Agrochem

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas