Wat sê die wet oor die onderverdeling en verkoop van landbougrond? In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou beantwoord Shirande Schmidt van VDT Prokureurs, ’n paar vrae in hierdie verband. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Pieter Haumann van Fertasa, die Misstofvereniging van Suid-Afrika, is ‘n kenner op die gebied van grondsuurheid. Hy praat met Hennie Maas oor dié probleem wat veral ons graanprodusente raak. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is dr Goddy Prinsloo van die Kleingraaninstituut op Bethlehem aan die woord. Hy waarsku teen blaarmyners wat dié tyd van die jaar op gars en koring voorkom. Hy gee ook raad oor hoe dié pes voorkom kan word. Luister nou na dié onderhoud.

Lise Roberts het Coetzee Reitz van Williston by Alfa raakgeloop, en hy praat oor die knellende droogte in die gebied, en hoe harte en hande opgemaak word om die situasie te beredder. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.