Etienne van Wyk, een van die sprekers tydens ‘n kleinvee-opleidingsessie by die onlangse Agri-Expo Livestock-ekspo, is ’n suksesvolle Dorper-boer. Hy vertel in Maandag se RSG Landbou van sy klein begin in 2008 as voorman op Dries Wiese se plaas in die Karoo. Luister nou na hierdie onderhoud.

Op 13 November word die skaap- en beesboer van die jaar vir die 17de keer aangewys. Dr Josef van Wyngaard is die tegniese bestuurder by Voermol Voere en hy verduidelik hoe dié kompetisie werk. Luister nou na hierdie onderhoud.

APAC, oftewel die Raad vir Landbouprodukte-agente, administreer ‘n getrouheidswaarborgfonds namens varsprodukagente vir boere. In RSG Landbou gesels ons met die registrateur van die fonds, Francois Knowles. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Martin Wipplinger brei uit oor Optimum Bonsmara se vierde produksieveiling. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.