Dit is geen geheim dat sojaboonproduksie die afgelope paar jaar heelwat opgetel het nie. Een van die redes hiervoor is die bekendstelling van dié kommoditeit op die Johannesburgse Aandelebeurs.

Anelisa Matutu van die JSE gesels in 10 Junie 2019 se episode van Grootplaas hieroor en sy verduidelik hoe die sojakontrak werk. Daarna kuier dr Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek in die ateljee en hy gesels oor doeltreffende vleisproduksie en die belangrike rol wat genetika hierin speel. 

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas