Die hersiene oppervlak- en vierde produksieskatting vir somergewasse vir die 2019-produksieseisoen, is deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel.

Read it in English.

Kommersiële mielies

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 10,900 miljoen ton gestel. Dit is 2,30% of 244 900 ton meer as die vorige skatting van 10,655 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,301 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 4,74 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 13% kleiner as die 2018-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 80% van die 2019-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,298 miljoen hektaar en vir geelmielies is die oppervlak 1,002 miljoen hektaar. Die produksieskatting van witmielies is 5,488 miljoen ton, 3,81% of 201 500 ton meer as die 5,287 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 4,23 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,412 miljoen ton, wat 0,81% of 43 400 ton meer is as die 5,369 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 5,40 t/ha.

Die opbrengsbepaling per hektaar vir die Vrystaat- en Noordwes-provinsies is gebaseer op wetenskaplike en objektiewe resultate verstrek deur die LNR.

Sonneblomsaad 

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 611 140 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 515 350 hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 1,19 t/ha is.

Ander gewasse 

Die produksieskatting van sojabone is ook onveranderd gelaat op 1,296 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 730 500 hektaar en die verwagte opbrengs is 1,77 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 22 705 ton en die verwagte opbrengs is 1,13 t/ha. Die oppervlakteskatting vir grondbone is 20 050 hektaar.

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 165 850 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 50 500 hektaar, en die verwagte opbrengs is 3,28 t/ha. In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 72 450 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 59 300 hektaar, en die verwagte opbrengs is 1,22 t/ha.

Kommentaar vanaf Wandile Sihlobo

Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, is die 2% styging in die mielie-oes te danke aan die beter witmielieproduksieskatting. Dié skatting staan nou op 5,5 miljoen ton en is 4% hoër as verlede maand se skatting met beter opbrengste wat vanaf die Vrystaat verwag word.

Hy sê ook dat die land genoeg mielies invoer om in die jaarlikse verbruik van 10,8 miljoen ton te voorsien. Suid-Afrika sal waarskynlik in die 2019/20 bemarkingsjaar ‘n netto uitvoerder van mielies bly. Uitvoere kan egter met sowat 50% afneem tot ongeveer 1,1 miljoen ton.

Sihblobo meen ook dat die opwaartse hersiening van die oesskatting geen noemenswaardige afname in pryse sal meebring nie. Prysvlakke behoort konstant te bly oor die kort- en medium termyn. Dit is goeie nuus vir Suid-Afrika se inflasiekoers wat in April gemiddeld 2,3% jaar-op-jaar bereik het.

Neem asseblief kennis dat die vyfde produksieskatting vir somergewasse vir 2019, op 26 Junie 2019 vrygestel sal word. – CEC Verslag & Agbiz kommentaar