Die Nasionale Dieregesondheidsforum het ’n vergadering geskeduleer vir 13 Januarie 2019 in Pretoria om ’n strategie te formuleer met betrekking tot die toekoms van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Die strategie sal aan die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, asook die direkteur van Dieregesondheid voorgelê word. Dié vergadering sal op 14 Januarie 2019 in Pretoria plaasvind.

Read it in English. 

Na afloop van die vergadering sal die forum met boere, die bedryf en handelsvennote kommunikeer oor die pad vorentoe asook die impak van die huidige uitbreking. Dr Pieter Vervoort, besturende direkteur van die forum, is aangestel as die bedryf se amptelike woordvoerder rakende kwessies rondom bek-en-klouseer. – Persverklaring

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here