Maandae op RSG Landbou is gewoonlik tyd vir veilingsnuus. In vandag se program is dit ook nie anders nie en daar word gesels met twee produsente oor hul komende veilings.

Oubaas Breytenbach vertel meer oor die Veeplaas Simbra-kuddeprojek by die Hoër Landbouskool Wagpos. Die projek is onderneem in samewerking met die PLAAS Landboujeugstigting. Daarna gesels Andrew Masterson die toekennings wat sy kudde ontvang het by die onlangse Royal-skou.

Luister nou dié onderhoude.

RSG Landbou se verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het onlangs met Karoo-boer, Ferdie Jordaan, gesels oor die droogte in sy gebied. Luister meer na wat dié boer beplan vir wanneer die reën gaan val. Luan van der Walt is ’n landbou-ekonoom by Graan SA en hy gee terugvoer oor ’n graan-akademie wat deur landboumaatskappy, Syngenta, ondersteun word.

Luister nou dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.