Klein en medium ondernemings (KMO’s) is die lewensbloed van besigheid in Afrika. Hulle speel ’n belangrike rol in die vasteland se groei deur werk te verskaf, nuwe ekonomieë op te bou en die vasteland met die res van die wêreld te verbind.

In Suid-Afrika is KMO’s ook die hartklop van ons bruto binnelandse produk (BBP). Hierdie ondernemings dryf meetbare groei. Daar word onder andere beraam dat hul totale ekonomiese produksie ongeveer 20% van die BBP uitmaak. Verder is sowat 47% van die land se arbeidsmag tans by KMO’s in diens.

Hierdie ondernemings word deur ons bure, families en vriende bedryf en raak ons lewens elke dag – dikwels op klein, maar soms ook op groot, onmeetbare maniere. Die impak wat hierdie ondernemings het, sorg vir ongelooflike verhale. Dit is juis hierdie verhale van tasbare, volhoubare groei wat die grondslag van Standard Bank se nuwe bemarkingsveldtog vir sakebankwese vorm.

Die veldtog ‘South Africa banks on business. Business banks on us’, getuig van ware verhale oor werklike ondernemings en die lewensveranderende impak wat hulle op mense en gemeenskappe het.

’n Dieper kykie na ’n merkwaardige geskiedenis

Standard Bank het met sommige van sy sakekliënte saamgespan om hul verhale te vertel. So demonstreer hulle ook hoe die bank dié ondernemings bygestaan het om hulle te help groei. Met hierdie veldtog beplan Standard Bank om hulself in die besonderse geskiedenis van hierdie ondernemings te verdiep en hul veerkragtigheid te vier. Dit sal ook die wyse waarop besigheidskliënte die lewens van die mense wat vir hulle werk en die gemeenskappe waarin hulle werk, positief verander het, vereer.

Die verhale sal vertel hoe hierdie ondernemings mense in diens neem, hulle en hul gesinne bemagtig, en hul kinders help om onderrig te ontvang. Dit sal wys hoedat ondernemings ekonomiese groei bevorder, en gesinne en gemeenskappe uit armoede red. Daarbenewens sal die veldtog ekonomiese aktiwiteite dryf en ook sosio-ekonomiese uitdagings help bekamp.

Hierdie merkwaardige verhale sal in die komende weke oor advertensieborde, in druk, aanlyn, op radio en op televisie bekendgemaak word.

’n Betroubare vennoot in moeilike tye

In tye van groot onsekerheid het ondernemings vennote nodig wat sekerheid, betroubaarheid en uitnemende diens bied. Nog belangriker: vennote moet hul behoeftes verstaan en daartoe verbind wees om hierdie ondernemings te help om hul doelwitte te bereik.

Standard Bank ondersteun baie van hierdie ondernemings met bankoplossings, handelshulp, marktoegang, transkontinentale netwerkplatforms en meer. Hul sakebankaanbod is ’n ekosisteem van oorspronklike produkte wat ontwerp is om selfs in die mees komplekse behoeftes te voorsien. Dit strek ook verskeie sektore en bied kliënte toegang tot finansiering, kundigheid en advies, digitale integrasie, handelsoplossings en versekeringsdekking.

Standard Bank is trots daarop dat hulle plaaslike ondernemings kon help om relevant te bly en te floreer om hul verhale te kan vertel. Die bank is gemoeid met groei in Afrika en weet dat dit nie meer genoeg is om net ’n bank te wees nie. Standard Bank moet ’n integrale en onontbeerlike fasiliteerder word van hul kliënte se doelwitte. Hulle is trots daarop om saam met hul kliënte te werk en waarde tot ondernemings se volhoubaarheid te voeg. Hulle is ook trots daarop om vertroue op te bou en te handhaaf, met goeie diens eerste en verkope tweede.

Die verhale waaruit die nuwe veldtog bestaan, getuig hiervan. Hulle toon hoe die regte vennoot ondernemings kan help om sukses te behaal. Dit beklemtoon ook hoe suksesvolle ondernemings ’n eksponensiële impak op die samelewing kan hê.

Standard Bank werk elke dag saam met ondernemings om hulle te help om hul potensiaal te ontsluit, ongeag die ekonomiese klimaat.

Dit is ook die dryfveer agter die veldtog-slagspreuk ‘South Africa banks on business. Business banks on us.

daaglikse finansiële verslag