Die wolmark het 2% laer teen R159,22 gesluit. Die aanbod was relatief klein en 95,8% van die 8 083 bale is verkoop. Slegs 38% van die aanbod was Merino-wol, met ’n baie klein persentasie volhoubaar geproduseerde wol.

Read it in English

Die samestelling van die aanbod en versterking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar met 1,7%, het tot dié daling bygedra. In Amerikaanse dollarterme het die mark met slegs 0,35% verswak. Lang Merino-wol het goeie mededinging uitgelok en bo die markgemiddeld presteer.

Die Australiese mark het 0,93% laer teenoor die vorige veiling verhandel.

Gemiddelde pryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg:

  • 18 mikron daal met 5,3% en sluit teen R203,02/kg.
  • 18,5 mikron neem af met 3,2% en sluit teen R187,96/kg.
  • 19 mikron verlaag met 3,3% en sluit teen R178,22/kg.
  • 19,5 mikron verswak met 3,5% en sluit teen R166,32/kg.
  • 20 mikron is 2% af en sluit op R155,16/kg.
  • 20,5 mikron is 3,4% swakker en sluit op R147,16/kg.
  • 21 mikron verlangsaam met 1,1% en sluit op R147,23/kg.
  • 21,5 mikron het 1,6% afgeneem en sluit op R142,77/kg.
  • 22 mikron daal 2,3% en sluit op R132,97/kg.
  • 22,5 mikron is 0,5% swakker en sluit op R137,36/kg.

Die volgende veiling is vir 17 Februarie 2021 geskeduleer, waar sowat 5 892 bale aangebied sal word. Sien verlede week se verslag hier. – Persverklaring, Cape Wools