Goeie plaasbestuur, ‘n inentings- en ontwurmingsprogram asook ‘n dipprogram is nodig om ernstige skaapsiektes te verhoed. In Suid-Afrika beskik ons oor entstowwe wat skape teen die meeste gevreesde siektes beskerm. Met etlike uitsonderings soos hartwater en Slenkdalkoors wat net in sekere dele van die land voorkom, moet skaapboere seker maak dat hul inentingsprogram voorsiening maak vir longsiektes, bloutong en ander ekonomies belangrike siektes. Sekere inentings moet ook op ‘n bepaalde tyd toegedien word om doeltreffend te wees. Dr Chriché du Plessis van MSD Animal Health gee nou raad in dié verband. 

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur MSD Animal Health