Dragtigheidsdiagnose by beeste is een van die kerndienste wat deur produksie-veeartse in Suid-Afrika aangebied word. Hierdie inligting is noodsaaklik vir die neem van besluite oor individuele diere in ‘n kudde. Prof Dietmar Holm van die Universiteit van Pretoria gesels in 25 Julie 2019 se aflewering van Grootplaas oor die Onderstepoort Pregnancy Diagnostics Challenge, en die rol wat dit speel in die voorbereiding van toekomstige veeartse. Daarna gesels Erika van den Heever oor die Landbounavorsingsraad se opleiding vir ontwikkelende boere. 

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas