Die kategoriewenners en ander rolspelers in vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie: Werner le Roux van Westend Landgoed, prof Robin Meeske, voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee, Jaco Faasen van Nutribase, Hano Lombard van Westend Landgoed, kategoriewenner mieliekuilvoer, Richardt Venter, kompetisie-adviseur, Nico Barnard van PANNAR Saad, vanjaar se kompetisieprysborg, Dominique Blandin de Chailan (voor) en Arné Verster van Agri Merensky, wenner in die kategorie voersorghumkuilvoer, Ockert Einkamerer, kompetisiekoördineerder van die Universiteit van die Vrystaat, Andries Engelbrecht van Leading Edge, Johan Mostert van Dasvlei, wenner in die kategorie hawerkuilvoer, en Hanlie Kroese, bestuurder besigheidsontwikkeling by Santam. Santam Landbou was vanjaar weer die kompetisie se hoofborg.

Die land se vyfde kuilvoerkoning is op 18 September tydens die jaarlikse Alfa galadinee en prysuitdeling gekroon. Die wenner in vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is Westend Landgoed – ‘n uitstekende prestasie siende dat Westend Landgoed ook die 2017 kuilvoerkoning was. Die toekenning is tydens die dinee deur Hanlie Kroese van Santam aan Hano Lombard oorhandig.

Read it in English. 

In die skolekategorie was Agri Merensky die algehele wenner. Hierdie is ook ‘n besondere prestasie, aangesien Agri Merensky ook in die kategorie vir voersorgumkuilvoer eerste plek behaal het.

Vanjaar se prysborg was PANNAR Saad en hulle het sakkies saad ter waarde van bykans R100 000 geskenk aan die drie kategoriewenners, asook die algehele wenner en die skolewenner. PANNAR het ook deelgeneem deur kliënte se kuilvoer in te skryf vir die kompetisie, net soos die naamborg, Santam Landbou. In beide die borge se geval het van hulle inskrywings nie net die top tien gehaal nie, maar ook ‘n kategorie gewen of in die top drie van ‘n kategorie geëindig.

Die galadinee is voorafgegaan deur ‘n kuilvoersimposium waartydens prof Robin Meeske, die voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee, verduidelik het watter tendense uit vanjaar se kompetisiedata geblyk het. Tydens die konferensie het prof Meeske onder andere gewys op die feit dat data rondom droëmateriaal-inhoud oor die vyf jaar van die kompetisie aansienlik verbeter het, met die stadium van inkuiling asook aërobiese stabiliteit wat ook verbetering getoon het. Areas waarin verbetering steeds nodig is, is onder andere kompaksie en die afseël van die bolaag.

Die kategoriewenners is tydens die simposium aangekondig, met die oorhoofse wenner se bekendmaking wat tydens die galadinee dieselfde aand gemaak is.

Finale uitslae

Daar is vanjaar 74 kuilvoerbunkers en/of -silosakke in drie kategorieë – mieliekuilvoer, voersorghumkuilvoer en hawer (kleingrane) kuilvoer – ingeskryf. Die finale uitslae sien soos volg daar uit:

  • Algehele wenner en wenner in die kategorie mieliekuilvoer: Westend Landgoed, Hano Lombard, Morgenzon. Bunker ingeskryf deur Nutribase.
  • Tweede plek, kategorie mieliekuilvoer: Rusticana Melkery, Daan Malan, Bethal. Bunker ingeskryf deur TWK.
  • Derde plek, kategorie mieliekuilvoer: Riverlee, Peter Griffin, Mooirivier. Bunker ingeskryf deur PANNAR Saad.
  • Eerste plek kategorie voersorghum en algehele wenner skole: Agri Merensky in samewerking met Limpopo Dairies, Louis Trichardt. Bunker ingeskryf deur Santam Landbou.
  • Tweede plek, kategorie voersorghum: Green Star Contractors, Jarren Hurwitz, Davel. Silosak ingeskryf deur Green Star Contractors.
  • Eerste plek, kategorie hawersorghum (kleingrane): Dasvlei, Johan Mostert, Philadelphia. Ingeskryf deur Leading Edge.
  • Tweede plek, kategorie hawersorghum (kleingrane): Droëvlei, Coenie Basson, Darling. Ingeskryf deur Leading Edge.

Die ander finaliste in die kompetisie was:

  • Vierde plek algeheel: Elandsfontein, Leon Meyer, Fochville (mielies – silosak ingeskryf deur Budissa Agroserve).
  • Vyfde plek algeheel: Limpopo Dairies, Joubert Fourie, Louis Trichardt (mielies – bunker ingeskryf deur Leading Edge).
  • Sesde plek algeheel: Limpopo Dairies, Joubert Fourie, Louis Trichardt (mielies – bunker ingeskryf deur Strapping & Profile).
  • Sewende plek algeheel: Welgemoed, Toit van der Watt, Tweeling (mielies – bunker ingeskryf deur homself).
  • Agste plek algeheel: De Goedehoop, dr Paul Theron, Davel (mielies – silosak ingeskryf deur Green Star Contractors).
  • Gedeelde negende plek algeheel: LAT Feedlot, Louis Tractchler, Winterton (mielies – bunker ingeskryf deur AFGRI Veevoere).
  • Gedeelde negende plek algeheel: Sparta Beef, Sello Ntjoboko, Taaiboschbult (mielies – bunker ingeskryf deur Sparta Beef).
  • Tiende plek algeheel: Bag Afrika, Gordon Brown, Vryburg (mielies – silosak ingeskryf deur Budissa Agroserve).

Kyk uit vir verdere artikels rondom die data in vanjaar se kompetisie asook ons algehele wenners. Die 2019-kompetisie sal in Desember open vir inskrywings. Hou die pers dop vir meer inligting.

Vir enige navrae, kontak Lynette Louw by 084 580 5120 of epos lynette@plaasmedia.co.za – Persverklaring

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here